Die ontstaan van die Afrikaanse letterkunde: 1596, 1652 of 1875?


Die onderwerp van hierdie internetpaginas die ontwikkelingsgang van die Afrikaanse letterkunde (in die konteks van die breŽr Suid-Afrikaanse letterkunde) en die huidige literÍre gesprek en tendense. Die woord "ontwikkelingsgang" is problematies, veral as dit saam met die term "letterkunde" gelees word, soos ook uit die vraagteken in die titel van dié pagina blyk.

Ontwikkelingsgang impliseer dat daar 'n ontstaanspunt en begindatum moes wees van die Afrikaanse letterkunde. Die verwikkelde verhouding tussen literÍre tekste teenoor ander tekste word hierdeur geaktiveer: die eerste tekste was koloniale reisverslae en dagboeke en nie geproduseer of geresipieer as letterkunde nie. Verder is dit moeilik om te bepaal wat as Afrikaanse letterkunde beskou kan word: Moet dit in Afrikaans geskryf wees? Moet dit op Suid-Afrikaanse bodem ontstaan het of kan dit ook tekste insluit wat in Nederlands geskryf is met Suidelike Afrika as onderwerp? Daar sal dus bepaal moet word welke tekste tot die kultuurgoed van Afrikaanssprekendes [1] (en dus ook nie net Afrikaners nie) behoort.

Die voorgestelde datums: In 1596 word daar die eerste keer in 'n teks melding gemaak van Suidelike Afrika. Die eerste teks wat geskryf word op Suid-Afrikaanse bodem dateer uit 1652 - die datum van die vestiging van die VOC-verversingspos aan die Kaap. In 1875 word die selfstandigwording van Afrikaans deur die Genootskap van Regte Afrikaners bepleit, Afrikaans word as skryftaal gebruik.


Uitbeelding van Koi in die Itinerario van Jan Huygen van Linschoten


Koloniale geskrifte

Die eerste gepubliseerde Nederlandstalige teks waarin daar aan Suidelike Afrika aandag gegee is, is die Itinerario van Jan Huygen van Linschoten (1596).

In 1652 is die VOC-handelsvesting aan die Kaap de Goeie Hoop opgerig. Die aanvanklike bedoeling was dit slegs as verversingspos gebruik sou word. Die eerste teks wat op Suid-Afrikaanse bodem geskryf is, is die Daghregister van Jan van Riebeeck wat hy bygehou het vanaf sy vertrek uit Nederland in Desember 1651 tot die verstryking van sy dienstydperk aan die Kaap in Mei 1662.

Talle reisverslae en dagboeke is deur koloniste en reisigers geskryf. In berigte uit die Suidelik Afrikaanse binneland is die land as bar en onvrugbaar beskryf. Melding is gemaak van die vyandige en "primitiewe" Koi-en Sanbevolkings. Die soektog van koloniale gesante na die mitiese goudneerslae van Vigiti Magna en Monomotapa [2]is gedokumenteer en het later Ďn belangrike topos in die Afrikaanse letterkunde geword, soos die Portugese Adamastor-mite. [2]


Die Gewel van 'n tipies 'Kaaps-Hollandse'-huis.
Foto: David Goldblatt

'n Ander belangrike teks is die Dagregister (1705-1706) van Adam Tas, waarin die ontevredenheid met die bewind van goewerneur Simon van der Stel asook die lewensomstandighede van die nedersetters aan die Kaap, aan die bod kom. Tas se dagboek openbaar ook 'n natuuringesteldheid en 'n gemoeidheid met die omgewing.

Nederlands was die taal waarin die Groot Trek [3] gedokumenteer is in die dagboeke van trekleiers soos Louis Tregardt en Sarel Cilliers.

Is hierdie tekste wat in Nederlands geskryf is Afrikaanse tekste? Volgens die bekende literatuurhistorikus, Kannemeyer is die gronde waarvolgens tekste deur die Voortrekkers as behorende tot die Suid-Afrikaanse literatuur gereken word die ingesteldheid op Suid-Afrikaanse werklikheid wat die tekste openbaar en die bodemgesteldheid wat tot Ďn nuwe beeldspraak en idioom lei. Dit sluit aan by die digter, D.J. Opperman, se siening dat die "gees en strekking" van tekste bepalend is of dit deel vorm van die Afrikaanse literÍre tradisie of nie. Die maatstaf wat dus gebruik word is 'n hegter en dieper bemoeienis met die land en landskap as die verwoording van bloot Ďn koloniale betrokkenheid.

Die grens tussen Nederlandstalige koloniale tekste en Nederlandstalige tekste wat tot die kultuurgoed van Afrikaanssprekendes behoort, is moeilik te trek, ook gesien vanuit die verhouding tussen kolonie en koloniale moondheid. Afrikaans is gekolonialiseer deur Nederlands en Engels ťn het ook as 'n sentrum van mag in verhouding met outochtone tale soos isiZulu getreŽ. "Gekleurde" sprekers is genegeer by die vasstelling van 'n kulturele identiteit van die (blanke) Afrikaners deur die vasstelling van Oosgrens-Afrikaans as Standaardvariant van Afrikaans [4].

Die Eerste Taalbeweging en Afrikaans as skryftaal

Tot 1875 is Afrikaans bykans net as spreektaal gebruik - denigerend is dit "Kombuis-Hollands" ("Keuken-Hollands") genoem. Die eerste gepubliseerde Afrikaanse tekste was spotliedere waarin Afrikaans parodiŽrend aangewend is om die ongeletterdheid en ongekultiveerdheid van Afrikaanssprekendes aan te toon, soos byvoorbeeld die 'Lied ter ere van de Swellendamsche en diverse andere helden' (1797). Vanaf 1830 kom Afrikaanse uitdrukkings as procťdés om humor te bewerkstellig in koerantberigte en toneelstukke voor. Nederlands is algemeen beskou as kultuurtaal en skryftaal; Afrikaans as spreektaal en omgangstaal.

Die Genootskap van Regte Afrikaners (G.R.A.) het die sogenaamde Eerste Afrikaanse Beweging (1875) geloods om Afrikaans tot skryftaal te verhef. Hul werksaamhede was 'n nasionalisties-geÔnspireerde reaksie op die verengelsingsbeleid van die onderwys, staatsdiens, regspleging en kerke wat deur die Britse bewindhebbers van stapel gestuur is na die Tweede Britse Besetting van die Kaap in 1806. S.J. du Toit, 'n Gereformeerde predikant, was die leier van die G.R.A.. Die G.R.A. is gekritiseer deur die Engelse media en het ook uit die geledere van Afrikaanssprekendes wat die herinstelling van Nederlands as amptelike taal bepleit het, teŽkanting ontvang. Die Taalmonument in die Paarl is opgerig ter herdenking van die Eerste beweging en die G.R.A.

Die literatuur wat uit die Eerste beweging ontstaan het was meestal politieke poŽsie en tekenend van Ďn ontwakende volksbewussyn , soos byvoorbeeld 'Die Afrikaanse Volkslied' van Pannevis, Hoogenhout, D.F. du Toit en S.J. du Toit. Die mitologisering van die Afrikaner as uitverkore volk figureer sterk. (Die Trek van die Israeliete na die Beloofde land is een van die belangrikste onstaansmites van die Afrikaner en kom herhaaldelik in die Afrikaanse letterkunde voor, ook in die plaasroman.)

Die G.R.A. het 'n vervlegte band tussen taal en nasieskap voorgestaan en die grense van nasieskap is sterk deur ras en godsdiens bepaal.'n Afrikaanse Bybelvertaling was dan ook een van die belangrikste oogmerke van dié beweging. Die letterkunde voortvloeiend uit die Eerste Beweging kan dan ook as post-koloniaal getipeer word omdat Britse kulturele Imperialisme voortdurend geopponeer is in die tekste.

Engelstalige Suid-Afrikaanse letterkunde

Ook die belangrikste Engelstalige Suid-Afrikaanse teks van hierdie tydperk is post-koloniaal - Britse dominasie asook Afrikaner-dominasie word aangespreek. Dit is 'n antipastorale uitbeelding van die plaas, 'n ontluistering van die mites wat nog later in die Afrikaanse letterkunde neerslag vind. Olive Schreiner (1855-1920) se semi-outobiografiese roman, The Story of an African farm word in 1883 gepubliseer. Schreiner se werk is baanbrekend en tekenend van 'n feministiese en polities-liberalistiese betrokkenheid.

Kliek hier vir meer inligting oor Olive Schreiner.
Klier hier om Story of an African farm af te laai.

Subaltern Afrikaanse stemme

Afrikaans is egter nie net deur Christene van Europese afkoms as skryftaal gebruik nie. Die eerste ernstige en uitgebreide Afrikaanse boek, Bayânudîndie, 'n godsdienstige studie deur 'n Turkse Moslemgeleerde, Abubakr Effendi, het in 1869 verskyn. Dit is ook in die Moslemgemeenskap waar Afrikaans as onderrigtaal eerste gebruik is en enkele bewaarde briewe toon aan dat daar ook 'n Afrikaanse skriftelike tradisie in die slawegemeenskap bestaan het.

Die bepaling van die onstaansdatum van die Afrikaanse letterkunde is dus problematies gesien in die lig van die koloniale verhouding en die verwikkelde verhouding tussen lektuur en literatuur, fiksie en nie-fiksie. Die definitiewe breuk met Nederlands is ook moeilik in die tyd vasstelbaar. Die hoër status word aan skriftelike taaluitinge toegeken word kom ook in 'n bespreking van die ontstaasngeskiedenis van die Afrikaanse letterkunde ter sprake.

Eindnotas

[1] "Afrikaanssprekendes" verwys na mense met Afrikaans as huistaal. Die woord "Afrikaner" verwys na (blanke) Afrikaanssprekendes, die groep wat hul definieer as behorende tot die nasate van die Nederlandse, Duitse en Franse nedersetters.

[3] Die Groot Trek was die georganiseerde trek na die binneland deur die Voortrekkers om van Britse koloniale heerskappy, ekonomiese probleme en die Xhosa te ontkom. Tussen 1835 en 1843 het 12 000 Voortrekkers die Kaap verlaat en die neersettings gestig in (die voormalige) Transvaal, Natal en die Vrystaat.

Die ossewa is die ikoon van die Groot Trek. Die onderliggende mite van die Groot Trek is die Bybelverhaal van die trek van die Israeliete na die Beloofde Land. Die Eeufeesherdenking van die Groot Trek in 1938 het gekulmineer in die oprigting van die Voortrekkermonument in 1949, dit was 'n belangrike mobliliseerder van Afrikanernasionalisme en het ook meegehelp aan die verkiesingsoorwinning van die Nasionale Party in 1948.

Kliek hier vir 'n 1900-bespreking van Stephan Crane van die Groot Trek

[4] Kliek hier vir 'n bespreking van die ontstaansgeskiedenis van Afrikaans.